ENGLISH AFRIKAANS

Direkteure

F Du Plessis
F du Plessis
A Du Plessis
A du Plessis
J Pretorius
J Pretorius

Fran du Plessis

Fran is beide ’n advokaat van die Hooggeregshof van Suid-Afrika en ’n geoktrooieerde rekenmeester.  Sy is ’n ad hoc lektor in die Regsfakulteit aan die Universiteit van Stellenbosch, was behulpsaam by die vestiging van ´n Meestersgraad in Belasting aan die Universiteit van Pretoria, en is die skrywer en medeskrywer van verskeie boeke oor belasting.

Fran spesialiseer in

  • belastingkonsultasie (ook internasionaal)
  • trusts- en boedelbeplanning
  • bestuursopleidingseminare
  • vreemdevalutatransaksies
  • die strukturering van eiendomstransaksies
  • korporatiewe beheermaatreëls

Daarbenewens is sy ‘n direkteur van ArcelorMittal, KWV, Sanlam, Life Healthcare Group, Palabora Mining, Kaap Agri en Naspers.

André du Plessis

Andrè kwalifiseer in 1987 as geoktrooieerde rekenmeester en verwerf ook ’n Diploma in Datametrie (Databasisstudies) van UNISA.  Gedurende die vroeë jare van die LDP-groep was Andrè verantwoordelik vir die vestiging van die ouditerings- en rekeningkundige praktyk.

Hy het sedertdien sy kundigheidsfeer uitgebrei na

  • bestuursoornames (hefboomuitkope)
  • korporatiewe finansiële strukture (insluitende BBSEB-strukturering)
  • samesmeltings
  • verkrygings en
  • gestruktureerde finansies

André is verantwoordelik vir die formalisering van die internasionale assosiasies wat kliënte van die LDP-groep al die keuses bied wat in die nuwe omgewing van wêreldhandel en -belegging nodig is.

Johan Pretorius

Johan het twaalf jaar lank as geoktrooieerde rekenmeester in Bloemfontein en Mosselbaai gepraktiseer voordat hy op 1 Maart 1999 as direkteur by LDP aangesluit het.  Hy het aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer en sy nagraadse studies aan UNISA voltooi.

Johan is deeglik onderleg in

  • die gebruik en toepassing van inligtingstegnologie
  • rekenaardienste en
  • belastingaangeleenthede.

As hoof van die Welvaartbestuursentrum spesialiseer hy in

  • boedel- en aftredebeplanning
  • die opstel van testamente
  • die skep van trusts
  • finansiering en beleggings

Johan is daarop ingestel om werk van hoogstaande kwaliteit in ‘n oplossinggedrewe omgewing te lewer en beskik oor ‘n “ek-dra-die-verantwoordelikheid” instelling t.o.v. diens aan sy kliënte.


P Bestbier
P Bestbier
J Goosen
J Goosen
CG Marx
CG Marx

Pieter-Jan Bestbier

Pieter-Jan het aan die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch gematrikuleer, sy B.Acc-graad cum laude aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en na hy sy B.Acc. (Hons.) verwerf het, by die Windhoekse kantoor van Deloitte en Touche as ouditklerk begin werk. As ouditbestuurder het hy aan verskeie multinasionale oudits (van mynbou tot bankwese) deelgeneem. Hy het ook gehelp om Namibia Brouerye Bpk. op die Namibiese Effektebeurs te laat noteer. Hy het ’n Sertifikaat in Belasting aan UNISA verwerf en in 1998 direkteur van LDP geword.
Sy diepgaande kennis van plaaslike saketoestande het hom gehelp om ’n aansienlike praktyk om plaaslike nywerhede, veral die wynbedryf, te bou. Pieter-Jan is die ouditeur van verskeie welbekende wynlandgoedere en –handelaars in en om Stellenbosch en Paarl.

Hy spesialiseer in

     

    • ouditering
    • nuwesake-ontwikkeling
    • bestuursadviesdienste
    • finansiële herstrukturering en
    • gestruktureerde finansiële produkte.

Jana Goosen

Jana verwerf haar beide haar B Rek- en B Rek Hons-grade aan die Universiteit van Stellenbosch.  Sy begin haar klerkskap in 2002 by LDP, en na voltooiing daarvan, bekom sy internasionale ouditblootstelling by Mayer Hoffman McCann PC, in San Diego.  Na vier jaar keer sy terug na LDP as ouditbestuurder en word in 2011 die jongste LDP-direkteur.

Jana beskik oor beduidende tegniese ervaring, insluitende

  • VSA GAAP- en IFRS-vaardigheid
  • die oudits van gelyste maatskappye en groot private groepe.

Industrie-ervaring sluit in tegnologie, sagteware, professionele dienste en verbruikersgoedere.

Iaan Marx

Iaan het in 1992 aan Gill Kollege in Somerset-Oos gematrikuleer en aan die Universiteit van Stellenbosch en UNISA gegradueer voordat hy sy leerkontrak onder die wakende oog van Johan Pretorius in Mosselbaai begin het. Hy het aan die einde van 1999 sy leerkontrak onder André du Plessis in Stellenbosch afgehandel, waarna hy ouditbestuurder tot 2001 geword het.  Op 1 Januarie 2002, op die ouderdom van 27, het hy direkteur van die LDP-groep geword nadat hy sy vaardigheid en vermoë as geoktrooieerde rekenmeester, wat vir ’n uiteenlopende groep kliënte verantwoordelik was, getoon het.

Iaan spesialiseer in

    • ouditering
    • rekeningkundige dienste
    • nuwesakeontwikkeling
    • bestuursadviesdienste en
    • finansiering

F Geldenhuys
F Geldenhuys
HF Joubert
HF Joubert
CW de Jager
CW de Jager

Francois Geldenhuys

Francois het aan die Universiteit van Stellenbosch sy eerste Honneursgraad in Bedryfsekonomie behaal, en daarna deur UNISA ‘n tweede Honneursgraad in Rekeningkunde verwerf. Na sy klerkskap was hy vir 2 jaar ouditbestuurder by LDP. In 1998 het hy die ouditprofessie vaarwel geroep en by Boland PKS Bank (tans Nedbank) aangesluit. Binne 2 jaar is hy bevorder tot hoof van krediet by BoE Besigheidsbank van die Gauteng-, Natal-, Vrystaat- en Mpumalanga-streke. In 2003 word hy deur LDP genader om direkteur te word en hy is tans aan die hoof van die Rekeningkundige Afdeling.

Francois spesialiseer in

  • BBSEB-transaksies en
  • besigheidswaardasies

Francois Joubert

Francois matrikuleer aan Swartland Hoërskool en gradueer aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy begin sy leerkontrak in 1996 by Coopers & Lybrand (nou deel van PwC) in Worcester, waar hy in 1998 sy CA (SA) kwalifikasie behaal.  In 1998 sluit hy in Roemenië aan by Price Waterhouse, nou deel van PwC, as ouditbestuurder in besigheidsadvies en versekering.  Daarna begin hy in middel 2000 by Ernst & Young in Sydney, Australië as ouditbestuurder in besigheidsadvies en versekering.  In 2002 sluit hy aan by LDP Stellenbosch as ouditbestuurder en in Januarie 2006 word hy direkteur.

Francois spesialiseer in

  • ouditering
  • rekeningkundige dienste en
  • bestuursadviesdienste

Jock de Jager

Jock is aangestel as Besturende Direkteur van LDP na ‘n loopbaan van 36 jaar in die onderwys wat hy in Maart 2007 afsluit as rektor van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. 
LDP het sterk gegroei in die afgelope aantal jare en met  ‘n personeel van meer as 130 het die aanstelling van ‘n persoon om eksklusief te fokus op

  • die uitvoering van maatskappybeleid
  • die nastrewing van strategiese mikpunte en
  • personeelbestuur

van kardinale belang geraak.

Jock se kundigheid en ondervinding stel hom in staat om ‘n wesenlike bydrae te maak tot die doelstelling om LDP die beste medium-grootte firma van besigheidsadviseurs en ouditeurs in die land te maak.


R Rhoda
R Rhoda
 

Richard Rhoda

Bykomend tot sy kwalifikasie as GR (SA), voltooi Richard die Advanced Executive Programme (Unisa) en die Vlak 1 IPFA (Instituut van Publieke Finansies en Ouditering)

Richard was verantwoordelik vir die Kaapstadkantoor van Gobodo Ing voor hy by LDP in 2011 aangesluit het. H was in beheer van beide interne and eksterne oudits sowel as konsultasiewerk. Op ‘n nasionale basis oorsien hy die groei and uitbreiding van die interne oudit- en risikobeheer-afdelings. Hy het wye ondervinding in die publieke sektor en was verantwoordelik vir die ouditeur-generaal se oudits wat aan Gobodo toegedeel was.

Sy ondervinding sluit in ouditkliënte soos die Werknemersvergoedings- en Werkloosheids-versekeringfondse, State Bank of India, Landbank, Ontwikkelingsbank van SA, Anglikaanse Kerk van SA, Stad Kaapstad, United National Breweries, Departmente van Handel en Nywerheid, Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, Arbeid, ens, verskeie SETA’s (Konstruksie SETA, ens), Provinsiale regering – Gauteng en Wes-Kaap.

Sy professionele ervaring sluit die volgende in:

  • Nasionale Direkteur Interne Oudit en Risikobestuur en Hoof Oudit Uitvoerende amptenaar – Stad Kaapstad
  • 10 jaar ervaring in interne oudit en risikobestuur by PwC
  • stig van ‘n interne ouditafdeling
  • volle of mede-uitkontraktering van interne ouditopdragte
  • fasilitering van verskeie risikobestuurwerkswinkels (private en openbare sektore)
  • voorbereiding van risiko-profiele, risiko-beleide en versagtende stategieë
  • prestasie-oudits
  • kwaliteitassesserings vir interne ouditfunksies
  • korporatiewe bestuursadviseur

Hy het ook kursusse aangebied by verskillende konferensies and bied opleiding in Interne Oudit en Risikobestuur, sowel as Korporatiewe Beheer. Hy dien ook op verskeie komitees soos ABASA en die  Black Management Forum. Hy is tans die ondervoorsitter van die Instituut vir Openbare Finansies.


 

Demographic dividend or demographic time bomb?

Demographic dividend or demogr...
lees meer



ANC study rejects nationalisation: report

ANC study rejects nationalisat...
lees meer