
Die LDP-groep is in 1992 gestig met die spesifieke bedoeling om hom op die middelgrootte korporasies en ondernemings toe te spits wat dikwels deur die groot ouditeursfirmas oor die hoof gesien word. ’n Niskliëntemark met ’n behoefte aan gespesialiseerde dienste en produkte is gou ontwikkel, en dit het die grondslag aan die direkteure van die LDP-groep gebied om unieke vaardighede te ontwikkel. Benewens die lewering van dié gespesialiseerde dienste en produkte aan die tradisionele kliënte van die LDP-groep, is ’n heel nuwe mark, wat verskeie nasionale en internasionale kliënte insluit, vir die groep se konsultasie-afdeling ontwikkel.
In 2009 het LDP gekwalifiseer om ook die oudits van die sogenaamde A- en B-kategorieë van kliënte te doen.
“Ons sien onsself as besigheidsadviseurs wat statutêre werk op ‘n bevoegde en koste-effektiewe wyse behartig, terwyl ons oplossinggedrewe is en ‘n hoogs persoonlike en kwaliteitgedrewe diens aan ons kliënte lewer.”
Die LDP-groep het ‘n dwingende onderneming teenoor sy kliënte, personeel en sakegenote gemaak:
“Ons sal nooit ’n selfvoldane en tradisionele firma van rekenmeesters en ouditeurs word nie.”
“Ons sal steeds trag om nuwe geleenthede vir ons kliënte te ondersoek ten einde hulle te help om die rendement op hulle beleggings te maksimaliseer.”
“Ons sal nooit dienste lewer bloot om gelde te hef nie, en ons prestasie sal altyd gemeet word aan die belofte om diens van die hoogste kwaliteit te lewer en om waarde toe te voeg.”
LDP is groot genoeg om sy kliënte aan ‘n wye verskeidenheid geleenthede bloot te stel, maar klein genoeg om elke individuele kliënt se behoeftes te ken.
Ons belowe