
LDP is gestruktureer rondom LDP Ingelyf, 'n welbekende en gevestigde praktyk van openbare ouditeurs en rekenmeesters in Suid Afrika.
Die hoofbesigheidsaktiwiteite van LDP beslaan die volgende:
LDP bied ook die volgende dienste:
- Gespesialiseerde finansiële dienste
- Bestuursadviserende
- Welvaartbestuur
- Belasting
- Interne risiko-bestuur
- Interne ouditwerk
- Kwaliteitsbestuur
- Prestasie-assessering
- Forensiese ouditwerk
- Finansiële verslagdoeningdienste (in samewerking met buite-konsultante)
- Konsultasie t.o.v. finansiële verslagdoeningskwessies (i.e. praktiese IFRS-, SA GAAP- en IFRS vir KMO's-probleme)
- Opleiding in IFRS, SA GAAP en IFRS vir KMO's (IFRS for SMEs)
- Kwaliteitsbeheer en hersiening van finansiële state
Die direkteure het uitgebreide ervaring in openbare praktyk, en van die direkteure het hulle onderskeie opleidingstydperke by internasionale ouditeursfirmas deurloop.
Die LDP-groep beskik oor ‘n hoofkantoor in Stellenbosch en ‘n dienskantoor (sonder enige residensiële direkteure) op Mosselbaai. Ons kliënte is egter afkomstig uit Suid-Afrika as geheel, Namibië en Mosambiek. Die groeiende getal oorsese kliënte is 'n bewys van die firma se internasionale kundigheid.
LDP het in 2008, sowel as in 2011, 'n IRBA-ouditoorsig suksesvol deurloop om sodoende statutêre oudits van sogenaamde A- en B-maatskappye (soos geklassifiseer deur die nuwe Maatskappyewet) te doen. (Ons fokus in die verlede was op privaatmaatskappye, nou geklassifiseer in die C-kategorie.) Vanselfsprekend is ook JSE-akkreditasie ontvang. Ons is dus in staat om in die behoeftes van alle ouditkliënte teen 'n baie mededingende tarief te voorsien.
Swart Ekonomiese Bemagtiging word beskou as noodsaaklik in die strewe na 'n billike en regverdige Suid-Afrikaanse samelewing. In ooreenstemming met die Kodes van Goeie Praktyk van die BBSEB-wet is LDP op vlak 3 geklassifiseer.
Internasionale blootstelling word i.a. verkry deur ons lidmaatskap van die wêreld-wye ouditeursgroep IGAF Polaris met meer as 800 kantore van onafhanklike maatskappye op al 5 vastelande. Dit stel ons afgestudeerde klerke in staat om waardevolle internasionale ondervinding op te doen.