
Globalisering het tot ’n dramatiese verandering in beleggings- en besigheidsmoontlikhede gelei. Die LDP-groep het pro-aktief hierdie beweging geïdentifiseer, die belangrikheid daarvan ingesien om met ’n internasionale groep ouditberoepsmense geassosieer te wees, en lid geword van Independent Accountants International (AI), met as lede openbare rekenmeestersfirmas geleë in Europa, Noord- en Suid-Amerika, die Verre Ooste en Australasië. Hierna volg twee samesmeltings - in 2004 met 'n soortgelyke organisasie, Polaris Independent Accountants International, om Polaris International (PI) te vorm en in 2011 met die Noord-Amerikaanse assosiasies IGAF en Fidunion om IGAF Polaris te vorm. Die resultaat is dat meer as 800 kantore van onafhanklike firmas wêreldwyd saamgegroepeer is.
Watter voordele hou ons lidmaatskap van Polaris International vir u in?
- PI Business Services LLC spesialiseer daarin om oplossings vir die probleme wat met oorgrensinisiatiewe/transaksies ondervind word, te vind
- Die deskundigheid en betroubaarheid (wat deelnemende sakeleiers reeds erken) in PI se internasionale oudit- en rekenkundige netwerk in meer as 70 lande op al die vastelande
- Die verkryging van betroubare data en advies oor die betrokke land
- Die beskikbaarheid van PI-sakebestuurders met regstreekse ervaring van beide u plaaslike sakekultuur sowel as dié van die land (of lande) waarin u sake doen of voornemens is om te doen
- Die vermoë om volledig en vinnig in u sakebehoeftes te voorsien, en om gedurende alle fases van die bedryf van u onderneming potensiële slaggate en geleenthede te identifiseer deur die volgende te bied:
- marknavorsing, strategiese beplanning, en M- en A-bystand
- koördinering van regs- en belastingadviesdienste
- administratiewe dienste wat strek van rekenkundige dienste tot omvattende (finansiële) bestuur van filiale
- werwing van uitvoerende beamptes
- verskaffing van professionele personeel vir u filiaal, met die waarborg van
- onpartydige verslagdoening
- eksterne regstreekse bestuur
- ’n professionele peil wat andersins dalk nie
haalbaar is nie
- buigsaamheid wat reikwydte en koste betref.
The political monster that ate the world
The political monster that ate...
lees meer
Demographic dividend or demographic time bomb?
Demographic dividend or demogr...
lees meer