
Die Ouditeringspraktyk, tesame met die Rekeningkundige praktyk, vorm die kern van die firma aangesien die identifikasie van alle kliëntbehoeftes, wat bevredig kan word deur die spesialiseenhede van die LDP-groep, grotendeels hier geskied.
Personeel
Die Ouditeringsentrum huisves meer as 40 rekenmeesters-in-opleiding sowel as agt ouditbestuurders wat aan die verantwoordelike agt Direkteure rapporteer.
Funksies
Verantwoordelikhede van hierdie afdeling sluit die volgende in:
Ouditerings word gedoen in terme van die “International Standards on Auditing” soos voorgeskryf deur die “South African Independent Regulatory Board for Auditors (IRBA)”.
In samewerking met die Universiteit van Stellenbosch word ‘n deurlopende opleidingsprogram gevolg om te verseker dat die personeel van hierdie sentrum op datum is met die nuutste verwikkelinge in hul veld.
Vir verdere inligting, kontak asseblief enigeen van die volgende vennote verbonde aan die Ouditsentrum: Pieter-Jan Bestbier, Iaan Marx, Francois Joubert, Johan Pretorius, Richard Rhoda, Jana Goosen, Annebelle Malan en Johann van Rensburg .
Tel: +27 21 888 5600
Faks: +27 21 888 5697/8
Vrylopend in die Voedselbedryf?
LDP is deur een van die grootste verskaffers van kwaliteit kosprodukte in Suid-Afrika genader om ‘n ouditprogram daar te stel om te verseker dat produkte wat verkoop word onder die merk “Free Range” wel aan die kode voldoen. Hierdie is ‘n nuwe neiging in voedselveiligheid en tans is daar reeds programme in plek vir eiers en braaihoenders. Eende volg binnekort en dit is nie vergesog nie dat die kode kan uitbrei na alle produkte wat as “Vryloop/”Free Range”” verkoop word.
Vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Iaan Marx.
![]() Pieter-Jan Bestbier | ![]() Iaan Marx |
|
![]() Francois Joubert | ![]() Johan Pretorius | ![]() Jana Goosen |