ENGLISH AFRIKAANS

IFRS-Konsultasie en -Opleiding

IFRS Tegniese en Leersentrum (in samewerking met eksterne konsultante)

Ons IFRS-konsultante is toegewyd om hoë kwaliteit finansiële verslagdoening, konsultasie- en opleidingsdienste te verskaf.  Hierdie konsultante bestaan uit tegniese kundiges in Internationale Finansiële Verslagdoening Standpunte (IFRSe), IFRS vir KMOs (SMEs), SA-AARP en Internasionale Openbare Sektor Rekenkundige Standpunte (IPSAs) (standpunte wat gebruik word in die openbare sektor).

Hulle help ons kliënte deur middel van formele rekeningkundige opinies en die verskaffing van rekeningkundige leiding vir finansiële verslagdoening en rekeningkundige kwessies. Hulle kan ook help om direksielede, bestuurders en personeel op datum te kry en te hou met IFRS deur middel van ontwerper- of vooraf-ontwikkelde (standaard) opleidingsprogramme.

Die tegniese dienste wat aangebied word, sluit in:

  • formulering van tegniese (rekeningkunde) opinies oor spesifieke kwessies (soos transaksies, gebeure, rekenkundige balanse of finansiële instrumente) in terme van IFRS, IFRS vir KMO's, GRAP/IPSAs en SA-AARP
  • hersiening van die finansiële state in terme van IFRS, IFRS vir KMO's, GRAP/ IPSAs en SA-AARP, sowel as identifikasie van nie-nakoming van die aanbieding- en openbaarmakingvereistes van die toepaslike finansiële verslagdoeningsraamwerk en rapportering oor areas vir verbetering
  • voorbereiding van finansiële state in ooreenstemming met IFRS, IFRS vir KMO's, GRAP/IPSAs en SA-AARP om te verseker dat die aanbieding- en openbaarmakingvereistes van die betrokke verslagdoeningsraamwerk nagekom word.

Die leer-oplossings verskaf deur hierdie konsultante sluit in:

  • standaard IFRS-kursusse:
    • IFRS-opdatering (een dag) oor die onlangse veranderings in IFRS. Verseker dat u en u personeel op datum is!
    • IFRS-opknappingskursus (twee dae) - Interaktiewe kursus wat handel oor die mees gebruikte IFRSe en hoe om dit behoorlik toe te pas.
    • die IFRS vir KMOs-effek (een-, twee- of drie dae) - 'Oorsig', 'Intensiewe' en 'Omvattende' kursusse onderskeidelik.
  • Ontwerperopleidingsessies ontwikkel besighede se spesifieke behoeftes. Die lengte hang af van die aantal onderwerpe wat gedek word.

Opleiding word in-huis aangebied deur ervare fasiliteerders.  Ja, en hulle kan die gekose  kursus in Afrikaans aanbied!

U belegging is 'n vaste bedrag per dag, met geen beperking op die aantal deelnemers nie.

Vir verdere inligting, kontak Jana Goosen by ons IFRS Tegniese en Leersentrum.

Tel:  +27 21 888 5600
Faks: +27 21 888 5697/8
E-pos: janag@ldp.co.za

                                                      

Believing two impossible things before breakfast

Believing two impossible thing...
lees meer



Landlords beware: the law´s on the tenant´s side

Landlords beware: the law'...
lees meer