
‘n Mens hoor elke dag van korporatiewe mislukkings, wanbestuur, verbreking van vertrouensverhoudings, bedrog en korrupsie en ‘n mens besef dat pro-aktiewe optrede essensieel is. As u bekommerd is dat van hierdie bedreigings in u onderneming kan posvat, lees asseblief verder. Ons is in staat om u vrese te besweer.
Risikobestuur-, interne ouditering- en korporatiew-beheerdienste is kritiese prosesse en moet op ‘n hoogs professionele wyse bedryf word. LDP verseker dus dat al sy dienste gerig word deur die professionele standaarde van die "Institute of Internal Audit (IIA)" en die "King report on Corporate Governance". Ons dienste is nie alleen koste-effektief nie - ons voeg ook waarde toe deur globale standaardvergelykings deur Polaris International. LDP bied u ons kennis van die nuutste internasionale ontwikkelings en verskaf toegang tot ‘n mandjie van gespesialiseerde vaardighede wat toepaslik is in spesifieke opdragte, bv
Interne ouditdienste
LDP help u om ‘n interne ouditfunksie, wat dinamies en gevoelig teenoor die behoeftes van u organisasie is, te skep en te onderhou.
Die dienste is:
Risikobestuur
Risikobestuur het ontwikkel vanaf die blote identifikasie van risiko's na ‘n geïntegreerde entiteitswye risikobestuursproses. Dit is nie meer die verantwoordelikheid van die bestuur alleen nie, maar die volle Direksie en personeel is betrokke. Risiko's is baie keer uniek aan u besigheid en ‘n generiese risikobenadering is duur, daarom stel ons voor dat u u eie risiko's en response daarop vasstel.
Die dienste is:
Korporatiewe Beheerdienste
Goeie korporatiewe beheer is vandag ‘n kritiese element in die oorlewing van enige besigheid. King III voorsien uitstekende voorligting - konferensies en seminare word oor hierdie aspek aangebied.
Die dienste is:
Algemeen
Ons sal dit waardeer om u te ontmoet of om ‘n aanbieding by u ouditkomitee-vergadering te doen. Kontak asseblief vir Richard Rhoda per e-pos of by +27 (21) 888 5600.
|